Lollos kom Polokwane toe en jy kan wen!

Kleuters en hulle ouers is sekerlik al welbekend met die avonture van Lollos en Lettie. Een leser kan 'n nuwe Lollos DVD wen.

POLOKWANE – Kleuters en hulle ouers is sekerlik al welbekend met die avonture van Lollos en Lettie. Dié twee besoek Polokwane op Sondag, 3 November by Taberna Dei Ooskampus. Die vertoning begin om 14:00 en beloof vele nuwe liedjies, danspassies en selfs iets spesiaal vir elke kleuter wat ‘n inkleurprent by sy skool kry, inkleur en dié kom wys vir Lollos by die vertoning. Elke kind wat hul inkleurprent saambring sal ‘n spesiale stemboodskap vanuit Lalaland ontvang.

Lollos en Lettie is Lalalanders van die planeet Lalaland. Hulle kom kuier graag by hulle aarde-maats omdat daar so baie wonderlike dinge is om hier te leer.

Die vertoning se naam is Lollos, jou slim ding en Lollos het besluit om ‘n paar spesiale vrae aan Review te antwoord.

1. Lollos, jy is 11-jaar-oud vanjaar of werk jare anders in Lallaland as op aarde?
“In Lalaland werk ons nie met jare nie, die lekker tye is baie lank en die hartseer tye is baie kort want die Foempies kom vee vinnig ons trane weg.”

2. Is dit nie baie warm om so baie te dans nie? Wat is die lekkerste en die minste lekker van al die dansvertonings?
“Dit maak nie saak om so bietjie warm te kry nie, om te dans is dan soveel pret. Die lekkerste is om te sien hoe gelukkig ons maats is as hulle kan saamdans en die slegste is dat die konsert nie vir ewig kan aanhou nie.”

3. Is julle opgewonde vir die vertoning?
“Ja, verskriklik. Ons kan nie wag om saam met die maats lyfies te skud en te kuier nie! Ons hoop om hulle almal daar te sien.”

Hierdie splinternuwe, kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lesse wat Lollos en Lettie geleer het. Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maats om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans.

Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by www.quicket.co.za (soek “Lollos Polokwane” by “search events”) asook by Bugs Paradise Kleuterskool (082 554 1051) en Four Seasons Kleuterskool (Erna: 082 372 3215).

Rig enige navrae aan: 065 298 3864 of admin@kindervermaak.co.za.

Een leser kan ‘n nuwe Lollos DVD wen. WhatsApp jou naam, jou kind se naam en die antwoord op die volgende vraag: Hoe oud is Lollos hierdie jaar?

Stuur die antwoord per Whatsapp na 079 418 9162. Kompetisie sluit Vrydag om 12:00.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version