NewsSchools

As Tjokkers en Juffers in beheer was…

Reëls sorg dat daar orde is, maar reëls is nie vir almal nie. Review het by dié kleuters gaan uitvind watter reëls hulle graag by die skool sal wil hê

POLOKWANE – Reëls sorg dat daar orde is, maar reëls is nie vir almal nie. Die Juffers en Tjokkers is Oosskool se gr. R groep met hulle eie speelgrond, klasse en tradisies. Review het by dié kleuters gaan uitvind watter reëls hulle graag by die skool sal wil hê en sommige het selfs aangedring dat skoolhoof, Gideon Pelzer, die reëls baie gou moet implementeer.

Melissa Swart: “Ons moet elke dag by die skool kan swem. Ek sal by die trappies sit, want ek kan nog nie goed swem nie.”
Andri Botha: “My reël is dat niemand kougom skool toe mag bring nie.”
Marzaan Visser: “Ons moet ‘n waterglyplank op ons speelgrond hê.”
Mia Roos: “My reël is dat niemand mag hardloop in die klas nie, want hulle kan val en baie seer kry.”
Chloë Myburgh: “Ons moet Vrydae roomys kry by die skool, want dit sal elke Vrydag baie lekker
maak.”
Dawid Crouse: “Ek wil graag ‘n reël maak wat sê dat ons speelgoed skool toe mag bring.”
Lwazu Twabo: “Ek wil my Lego’s skool toe mag bring.”
Org van Zyl: “Ek dink ‘n goeie reël is om elke dag pizza te eet by die skool. Dit sal baie lekker wees.”
Darius Rossouw: “Ek wil graag ‘n krieketveld op die speelgrond hê, want ek hou baie van krieket speel.”
Joshua Smit: “Ek dink ‘n goeie reël sal wees dat ons speelgoed skool toe mag bring.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button