NewsSchools

Tommies maak hulle skool trots

‘n Aantal atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naude het tydens onlangse nasionale byeenkomste besonder goed in hul onderskeie sportsoorte presteer. Gimnaste Wihan en JC Logtenberg het aan die nasionale kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en silwer medaljes in onderskeidelik die artistieke en tuimelstyle behaal. Willie Willemse het die provinsie en sy skool met waardigheid en …

‘n Aantal atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naude het tydens onlangse nasionale byeenkomste besonder goed in hul onderskeie sportsoorte presteer.
Gimnaste Wihan en JC Logtenberg het aan die nasionale kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en silwer medaljes in onderskeidelik die artistieke en tuimelstyle behaal.
Willie Willemse het die provinsie en sy skool met waardigheid en trots by die nasionale skole bergfietsrykampioenskappe in Brits verteenwoordig. Leandri Peyper is gekies vir die nasionale vroue-skopboksspan wat môre (Vrydag) aan ‘n internasionale kompetisie ‘n Durban gaan deelneem. Die toernooi duur tot Sondag en deelnemers van Engeland, Kanada, Burundi, Iran, Irak, Mosambek, Pakistan, Kenia en Botswana word verwag. Leandri het aan Polo­kwane Observer gesê sy sien geweldig uit na die uitdaging en mik vir ‘n eersteplek.

Storie en foto: ENDY SENYATSI
>>endy@observer.co.za

 

Related Articles

Back to top button