NewsSchools

PHS-matrieks groet finaal

Hoërskool Pietersburg (PHS) se jaarlikse Matriekafskeid is Vrydag by die skool gehou waartydens daar nie net finaal afskeid van die graad 12-leerders voor die begin van die eindeksamen geneem is nie, maar die skool se tradisionele simbole ook aan die graad 11-leiers oorhandig is. Die tradisionele simbole soos Kardoesie, Scottie en die skool se vaandel …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se jaarlikse Matriekafskeid is Vrydag by die skool gehou waartydens daar nie net finaal afskeid van die graad 12-leerders voor die begin van die eindeksamen geneem is nie, maar die skool se tradisionele simbole ook aan die graad 11-leiers oorhandig is.
Die tradisionele simbole soos Kardoesie, Scottie en die skool se vaandel is aan die graad 11-leerders oorhandig om daarop voort te bou.
Oud-leerder, Johan Kruger, wat tans medies studeer was die gasspreker en het graad 12-leerders aangemoedig om tot die einde moedig te bly. Hy sê die opwinding om skool te verlaat is hoog onder leerders, maar hulle moet nie nou slaplê nie en steeds hul beste tydens die eindeksamen lewer.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Graad 12-leerder Brandon Cronjé hys vir oulaas se skool­vlag.
Oudleerder Johan Kruger bemoedig matrieks.

Related Articles

Back to top button