Oosskool spog met hul hokkie bokkies

Oosskool het tydens die Kampioen van Kampioene-toernooi verskeie ander provinsies gewys dat Limpopo laerskole hokkie nie onderskat moet word nie.

POLOKWANE – Dié toernooi is op 20 en 21 September in Potchefstroom gehou en bied jaarliks vir 10 spanne van verskeie provinsies se seuns en meisies die geleentheid om kragte te meet vir die Kampioen van Kampioene titel.

Beide Oosskool se eerste seuns en meisie-hokkiespanne wat as Limpopo-wenners uit die stryd getree het tydens die LPL-liga het Limpopo in Potchefstroom verteenwoordig.

Oosskool se seuns hokkiespan.
Voor sit JW Dreyer, TJ Conradie (onder /kaptein), Andrew Stopforth (kaptein), Divan Brown (onder kaptein) en Brendan O’Reilly.
In die middel is Regard Ferreira, Lourens Swanepoel, Andru van Zyl, David Stander, Schalk Smith en PZ de Jager.
Agter staan Dewald Oerlemans (hulp-afrigter), Nicolas Oerlemans, Luan Lensley (doelwagter), Alex Marais, Adri Lambrechts (afrigter) en Zander Human (hulp-afrigter). Foto: Verskaf.

Die seunsspan speel tydens hul semi-finaal teen Uplands Kollege en wen 3-1, waarna hul in die finaal gelykop speel teen Grey College 1-1 en verloor met 8 seconds. Hiermee verwerf hul die algehele tweede plek.

Die meisiesspan speel gelykop teen Laerskool Eunice 1-1 tydens hul semi-finaal en gaan deur na die finaal, nadat hul 8 seconds gewen het. In die finaal wen hul Mooirivier 2-0 en word as die meisies Kampioen van Kampioene gekroon.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version