NewsSchools

Teddies is padtekens se baas

Review het deur die verloop van Vervoer Maand by leerders van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan hoor wat hulle oor padveiligheid verstaan.

POLOKWANE – “Dit is baie belangrik dat ‘n mens die kleuters van baie klein af vat leer oor veilig wees wanneer hulle in ‘n motor ry of selfs oor die pad moet loop,” vertel Amanda van der Merwe, onderwyser.

Weens hierdie rede het die skool een van hul speelareas ingerig as ‘n inkopie sentrum met ‘n pad en ook verskeie verkeerstekens om die kleuters die kans te gee om so speel-speel te leer van padveiligheid op ‘n vroeë ouderdom.

Driaan Nel wys die padteken wat vir mense aandui dat daar ‘n kronkelpad voorlê.

Driaan Nel het aan Review vertel dat die teken waarvan hy baie hou vir motoriste wys dat die pad ‘n paar draaie in het en hy het ook vertel dat mense stadig moet ry op so pad, anders gaan jy nie om al die draaie kom nie.

Shaun van der Merwe wys sy gunsteling teken wat mense waarsku om mooi stadig oor die brug te ry.

Shaun van der Merwe het aan Review vertel dat sy gunsteling padteken die een is net voor ‘n brug op die skoolbaan. Hy noem dat dié teken daar is om mense te waarsku dat daar ‘n brug kom. “Jy moet baie mooi daar ry en nie te naby aan een van die kante gaan nie want dan kan jy van die brug afval,” vertel hy.

Jané Pienaar wys haar gunsteling padteken, ‘n stopteken, wat sy glo almal in die stad moet gehoorsaam sodat hulle nie inmekaar vasry nie.

Jané Pienaar se gunsteling teken vertel sy is een van die bekendste tekens in die dorp want hulle is oral. Haar teken is die stop teken. Sy vertel dat mense altyd by die stopstraat moet stop om ander mense kans te gee om ook te kan ry anders gaan die karre inmekaar vasry.

Linda Kruger, skoolhoof, sê die werklikheid is dat daar gereeld ongelukke plaasvind en dat daar baie kinders is wat op die pad sterf.  “Leer jou kind van vroeg af om die padreëls te gehoorsaam. Jy mag dalk dink jou kind is te klein, of jou kind loop nooit oor ‘n pad nie, maar padveiligheid is een van daardie vaardighede wat kinders van kleins af moet leer. Hoe gouer, hoe beter.”

Sy sê goeie gewoontes kan reeds van vroeg af gekweek word en dat as kinders van jongs af leer om die padreëls te gehoorsaam, hulle wanneer hulle groot is, verantwoordelike padgebruikers behoort te wees.  “Die voorbeeld wat ons as volwassenes en ouers stel, het ‘n groot invloed op hoe ons kinders optree. Leer jou kinders om regs-links-regs te kyk en aan die sypaadjie se kant uit die voertuig te klim.”

Kinders wat in motors vervoer word, moet van jongs af geleer word dat die gebruik van sitplekgorels verpligtend is. “Maak jou kind padslim,” voeg sy by.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button