Watergehalte bevredigend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se bloudruppelstatus vir drinkwater en groendruppelstatus vir rioolwater te bepaal en het gunstige uitslae ontvang. “Ons kon vasstel dat die drinkwater van al die dorpe wat getoets is aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë …

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se bloudruppelstatus vir drinkwater en groendruppelstatus vir rioolwater te bepaal en het gunstige uitslae ontvang.
“Ons kon vasstel dat die drinkwater van al die dorpe wat getoets is aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.
Toetse is uitgevoer in Polokwane, Tzaneen, Mokopane, Lephalale, Modimolle, Mookgophong, Groblersdal, Thabazimbi (Leeupoort), Phalaborwa en Bela-Bela.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte.
Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word en AfriForum het daarop gewys dat dit tydens die ondersoek aan die lig gekom het dat Lephalale, Mookgophong, Modimolle en Polokwane se rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen nie.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com 

Exit mobile version