NewsSchools

Van toeka tot nou tydens PHS-revue

Hoërskool Pie­tersburg (PHS) het weer eens nie teleurgestel tydens vanjaar se revue met die tema “Lied van my Lewe” wat onlangs in die skoolsaal opgevoer is nie. Polsende danse, solo’s en duette met suiwer klank en professionele beligting was aan die orde van die dag en het vir ekstra opwinding tydens vanjaar se revue gesorg. …

Hoërskool Pie­tersburg (PHS) het weer eens nie teleurgestel tydens vanjaar se revue met die tema “Lied van my Lewe” wat onlangs in die skoolsaal opgevoer is nie.
Polsende danse, solo’s en duette met suiwer klank en professionele beligting was aan die orde van die dag en het vir ekstra opwinding tydens vanjaar se revue gesorg.
Die lewe van ‘n mens is deur bekende liedere soos ‘Born this way’, ‘Rock-a-bye-Baby’, Eerste liefde, ‘16 going on 17’ en ‘18 till I die’ weerspieël en afgesluit met liedere soos ‘Dear future husband’,’Marry You’, Toe ons jonk was en ‘I lived’ wat meer gefokus was op die volwasse lewe en oudag.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Gerhard Maré en Tanya Kruger neem ‘n selfie.
Lizé van Ryneveld en Enrique Louwrens met ‘n dans.
Wian Haasbroek met die lied Sewentien.
Luré Hattingh wys talent op die verhoog tydens die skoolmedley.
Divan van Niekerk met die lied ‘Story of my Life’.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button