Jong Lim-boer wen TLU SA kompetisie

‘n Groenteboer van die Koedoesranddistrik by Maasstroom in Limpopo het tydens TLU SA se jaarlikse kongresdinee met ‘n oorsese reis na Frankryk,‘n ruim kontantprys. en ‘n gesogte titel weggestap. Henna du Plessis het sewe ander finaliste van regoor die land uitgestof toe hy onlangs as die wenner in die TLU SA/Old Mutual Insure Agri/Manitou/Mahindra-Jongboer van …

‘n Groenteboer van die Koedoesranddistrik by Maasstroom in Limpopo het tydens TLU SA se jaarlikse kongresdinee met ‘n oorsese reis na Frankryk,‘n ruim kontantprys. en ‘n gesogte titel weggestap. Henna du Plessis het sewe ander finaliste van regoor die land uitgestof toe hy onlangs as die wenner in die TLU SA/Old Mutual Insure Agri/Manitou/Mahindra-Jongboer van die Jaar kompetisie aangewys is.
“Dit was hierdie jaar besonder moeilik om tot ‘n besluit te kom oor wie die wenner moes wees,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA in ‘n mediavry­stelling. “Henna se spanwerk op die plaas sowel as sy passie vir die landbousaak, sy gemeenskapsbetrokkenheid en sy lojaliteit teenoor TLU SA maak hom ‘n waardige wenner,” sê Van Zyl.
Du Plessis boer benewens groente ook met wild op die plaas Rockferry. Familie is vir hom baie belangrik en sy grootste droom is om nog ‘n plaas te besit en die boer­dery uit te brei om ‘n goeie lewe vir sy gesin te bied. “Ek sal graag onthou wil word as ‘n eerlike persoon wat altyd sal help en graag betrokke wil wees,” sê hy.
Henna is ‘n lid van TLU SA se dinamiese Jongboerkomitee wat fondsinsamelings vir die Traumafonds organiseer en tydens die kongres ‘n bedrag van R30 000 vir hierdie doel kon oorhandig. Hy het altyd ‘n maatband en gereedskapskas in sy bakkie, verkies ‘n skaaptjoppie bo ‘n biefstuk en dra soos die meeste boere eerder ‘n kortbroek as langbroek. Henna sê dat sy pa sy rolmodel is.
AJ Wohlfarht van Wohlfarht Pluimvee in Gauteng naby Magaliesburg is as die naaswenner aangewys en in die derde plek was Lukas Eksteen van Buffelsfontein by Mokopane wat met Bonsmarabeeste boer. Wynand Louw van Nooitgedacht in Limpopo was een van die finaliste en boer met Boranbeeste en macadamianeute.
“Die kwaliteit van hierdie jong boere skep vir ons hoop vir die toekoms van landbou in Suid-Afrika,” sê Van Zyl. “Die uitnemendheid van elke finalis se boerdery is noemenswaardig en elke kandidaat het hom- en haarself in hulle spesifieke bedryf onderskei.”

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version