Local NewsNews

Pietersburg Tuinbouklub leer meer oor oewerplante

Soos 'n groen slang groei die oewerbos deur die wildtuin en dit is duidelik dat hierdie plante anders is as die plante in die res van die park.

POLOKWANE – Tydens die Lentevergadering van die Pietersburg Tuinbouklub het dr. Wynand Vlok gesels oor oewerbos. “Oewerbos is ‘n integrale deel van die rivier en kom voor tussen die rivier self en die land. Hierdie plante is hidrofiliese plante.”

Lees ook: Tuinbou-lede leer meer oor kunsmis

Daar is drie groepe naamlik verpligte plante, wat naaste aan die water is en hulle is gewoonlik die groot bome wat se wortels in die rivier geanker is. Dan is daar voorkeur plante wat verkieslik naby die water moet wees en die middelgroepe is. Die derde groep is fakultatiewe plante en die groep plante wat op die buitenste grens is. Dié is die plante wat op die oorgrens is tussen oewerbos en ander plante.

“Inheemse plantegroei het ‘n sterk wortelstelsel in vergelyking met uitheemse indringers. Die oewerbos dien as ‘n buffer tussen landelike gebiede en water en hulle help om die besoedelingstowwe te filtreer, soos sediment en nutriënte. Gesonde plantegroei help om erosie op die oewer te verminder. Dit breek ook die water se spoed tydens ‘n vloed.”

Ander funksies sluit in om skadu te verskaf en die rivier water af te koel en ook die nodige nutriënte in die rivier te stort. Hierdie plantegroei verskaf ook habitat aan diere en voëls en skep gunstige broei areas.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button