Daar was verskillende stasies by die skool opgestel waar die kleuters kon leer volkspele dans, bokdrol spoeg, melktert en beskuit eet, toutrek en ook driebeen en sakspring. Op die laaste stasie is hulle bederf met lekker pap en tamatie en uie sous wat hulle met hulle hande geëet het.