Tyd vir NG Oos se jaarlikse Lentemark

Soos in die verlede bied die uitstallers baie te koop aan en kan besoekers reeds nou al hul Kersinkopies doen.

POLOKWANE – N.G. Oosgemeente se jaarlikse Lentemark word vanjaar van 28 September tot 5 Oktober gehou.

Soos in die verlede bied die uitstallers baie te koop aan en kan besoekers reeds nou al hul Kersinkopies doen.

Daar sal geskenke, klere, kunstighede, gebak, koeksisters en selfs gevriesde wegneemetes te koop wees.

Vir die manne is daar vleis, biltong, plante, tweedehandse gereedskap, sport-, kampeer- en tuintoerusting en by die kuierplek is daar iets koel om te drink en kan vriende heerlik saamkuier.

Julle kan saam veerpyltjies, potspel of tafeltennis speel.

Vir diegene wat daarvan hou om in ‘n koffiewinkel te kuier, beloof die organiseerders heerlike koek en tert asook iets souts.

In die week sal daar na werk, braaivleisvure wees en jy kan ‘n vleispakkie koop om te braai. Hou dan piekniek saam met jou gesin.

Op Saterdag, 28 September word daar ontbyt bedien tussen 08:30 en 11:00 teen R30 ‘n kaartjie. Jy staan ‘n kans om ‘n prys te wen, sou jou kaartjie getrek word.

Op Sondag, 29 September open die mark om 10:00 net na die erediens en om 11:00 vind daar ‘n piekniekbraai plaas onder die bome by die kerk.

Elkeen bring sy eie kampstoel, gazebo, eetgerei, vleis en drinkgoed.

Vure word voorsien asook bykosse en nagereg. Kaartjies moet vooraf gekoop word en kos R50 per kaartjie en gesinne van vier en meer betaal R40 per kaartjie. Hier kan ook ‘n prys gewen word.

Groot pryse kan gewen word met die Money-or-the-Box speletjie, soos ‘n vakansie vir ses mense vir vyf dae. Die pryse word op Saterdag, 5 Oktober om 14:00 uitgegee.

Bestellings kan daagliks geplaas word vir wegneemetes en dan ‘n sekere tyd afgehaal word. Die kos sluit in pannekoek, hamburgers, kerrie en rys, boereworsrolle en selfs ‘n sny koek.

Kontak hulle per WhatsApp of SMS (geen oproepe) by 079 239 7700 of 072 216 3714.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version