NewsSchools

Pieties kraai koning tydens Capricorn swem interhoër

Swemmers van plaaslike skole kon nie net na strawwe kompetisie uitsien nie, maar ook na die voorreg om na 30 jaar weer in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se swembad te kon meeding tydens die Capricorndistrik swem interhoër wat verlede Woensdag aangebied is. Hoërskool Pietersburg (PHS), Curro Heuwelkruin, PEPPS Polokwane Preparatory School and College sowel …

Swemmers van plaaslike skole kon nie net na strawwe kompetisie uitsien nie, maar ook na die voorreg om na 30 jaar weer in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se swembad te kon meeding tydens die Capricorndistrik swem interhoër wat verlede Woensdag aangebied is.
Hoërskool Pietersburg (PHS), Curro Heuwelkruin, PEPPS Polokwane Preparatory School and College sowel as die gasheerskool het aan die kompetisie deelgeneem. Swemmers het hul talente in onder andere vry-, bors-, vlinderslag sowel as aflosse gewys.
Pieties was die gunsteling in die seuns- en meisie-afdelings en is as algehele wenners van die dag aangewys. Tommies se seuns- en meisiespanne het onderskeidelik die algehele tweede plekke in hul onderskeie afdelings ingepalm en is gesamentlik ook as naaswenners van die interhoër aangewys.
Die restourasie van die swembad was een van skoolhoof, Piet Holtzhausen se prioriteite sedert sy aanstelling as skoolhoof ‘n paar jaar gelede.
Die skool is nou gerat om enige groot kort-afstand swemkompetisie aan te bied. Die skool het ook reeds ‘n swemprogram geloods waar leerders geleer word hoe om te swem en kan deur die skool vorder om aan kompetisies en kampioenskappe soos deur Swem Suid-Afrika voorgeskryf, deel te neem.
Dieskool spog reeds met 150 leerders wat gereeld vir oefening opdaag en Tommies is sterk op pad om naam in die water te maak.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Megan van der Merwe van PHS haal diep asem tydens die vryslag.
Pieties se Keegan Fourie laat waai tydens die aflos.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button