NewsSchools

PHS matrieks op pad Japan toe

Die skool is in rep en roer soos hulle die laaste veranderings aanbring om die skoolsaal, voorportaal en ook die skool terrein, van die een ingangshek af na die saal toe, te omskep in ‘n meesterstuk.

POLOKWANE – Antjie Pretorius se harde werk het goeie vrugte gewerp met die aanvang van Hoërskool Pietersburg se matriekafskeid. Die skool is in rep en roer soos hulle die laaste veranderings aanbring om die skoolsaal, voorportaal en ook die skool terrein, van die een ingangshek af na die saal toe, te omskep in ‘n meesterstuk.

Die meesterstuk met die tema, Japan beloof om soos elke jaar ‘n hoogtepunt te wees met treffende dekor.

Antjie vertel dat mens nie altyd besef hoeveel moeite daar in die beplanning van so iets ingaan nie. Sy noem dat jy dit eers besef wanneer jy dit vierkantig in die oë staar. “Dit is baie harde werk wat maande duur om klaar te kry en te omskep in die finale produk, maar dit is ook baie pret,” vertel sy.

Van die dekor wat uitstaan is ‘n fontein wat gevul is met egte visse, soos wat jy verwag om in Japan te sien, asook ‘n zen tuin om seker te maak dat die seenuweeagtige leerders dit darem tot in die saal maak. Die aand beloof om sprokiesagtig te wees met die gebruik van lanterns en liggies om die aankoms en deurstap van die leerders te betower.

Hekke maak reeds 15:00 oop en kaartjies is nog teen R20 beskikbaar.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button