NewsSchools

Doornkraal Voortrekkers vier 57ste verjaardag saam met skole in die stad

Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat Afrikaner jeug in besonder wil bemagtig. Die Voortrekkers se ontstaan dateer terug tot die 1836 met die Groot Trek.

POLOKWANE – Om dankie te sê vir die verskillende skole en hulle ondersteuning om die Voortrekker kultuur lewendig te hou, het die Doornkraal kommando hulle 57ste verjaardag op Donderdag, 12 September gevier.

Die Voortrekker verjaardag koek wat aan verskeie skole in die stad gegee is om dankie te sê.

Jannie van Wyk is een van die Voortrekkers wat by verskeie skole in die stad as ‘n bederf vir die skool, gaan koek aflewer het en ook om vir elkeen van die hoofde dankie te kan sê in persoon.

Die Doornkraal Voortrekkers is gevestig in Pietersburg (nou Polokwane) en kom elke Dinsdagaand tussen 17:00 en 18:00 by die Hervormde Kerk op die hoek van Webster en Jonesstraatbymekaar. Kinders en ouers van alle ouderdomme is welkom.

Willie Schoeman (Hoof van PHS) en Ina van der Merwe (onderhoof) ontvang die Voortrekker verjaardag koek van Michelle Jansen van Rensburg.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button