Local NewsNews

Vrae oor beweerde moord op kerkterrein

‘n Dag nadat Ryno Eagar sy dertigste verjaardag gevier het, is hy blykbaar koel­bloedig op 24 Augustus op ‘n kerkterrein in Dorpstraat doodgesteek. Benewens die hartseer wat die familie moet verwerk, is die polisie se beweerde sloerdery met die ondersoek ‘n groot te­leurstelling vir geliefdes en bly sy dood vir hulle ‘n onopgeloste werklikheid. Volgens …

‘n Dag nadat Ryno Eagar sy dertigste verjaardag gevier het, is hy blykbaar koel­bloedig op 24 Augustus op ‘n kerkterrein in Dorpstraat doodgesteek.
Benewens die hartseer wat die familie moet verwerk, is die polisie se beweerde sloerdery met die ondersoek ‘n groot te­leurstelling vir geliefdes en bly sy dood vir hulle ‘n onopgeloste werklikheid.
Volgens sy broer, Kobus, is dit nie duidelik waarheen Eagar op pad was nie, maar hy het glo gestap en is iewers in die stad deur ‘n onbekende aantal verdagtes opgelaai waarna hulle glo by die kerkterrein ingery en hom met ‘n mes doodge­steek het.
Volgens hom het die polisie bevestig dat hy waarskynlik vermoor is. “Hulle is treurig. Die ondersoekbeampte het nou nog nie na my toe teruggekom om my in te lig hoe hulle met die ondersoek vorder nie. Dit is onaanvaarbaar want ons soek geregtigheid,” het Kobus gesê.
Hy sê sy broer was ten tye van sy dood werkloos. Hy is reeds verlede Woensdag begrawe.
Maphure Manamela van die provinsiale polisie se kommunikasiesentrum het die dood bevestig en gesê Eagar is waarskynlik met ‘n mes doodgesteek. Sy sê ‘n soektog na die verdagtes is geloods, maar nog geen arrestasies is gemaak nie. Sy kon later nie vir kommentaar oor die beweerde sloerdery met die ondersoek bereik word nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button