NewsSchools

Mnr en Mej Heuwelkruin vanaand aangewys

Na ure se gemeenskapsdiens en liefdadigheidswerk wat die 12 finaliste die afgelope paar maande moes verrig, het die groot oomblik uiteindelik aangebreek waartydens vanjaar se Mnr en Mej Heuwelkruin vanaand (Donderdag) na verwagting by die skool aangewys sal word. Die 12 finaliste is in drie groepe verdeel en elke groep moes tien ure se gemeenskapsdiens …

Na ure se gemeenskapsdiens en liefdadigheidswerk wat die 12 finaliste die afgelope paar maande moes verrig, het die groot oomblik uiteindelik aangebreek waartydens vanjaar se Mnr en Mej Heuwelkruin vanaand (Donderdag) na verwagting by die skool aangewys sal word.
Die 12 finaliste is in drie groepe verdeel en elke groep moes tien ure se gemeenskapsdiens by liefdadigheidsorganisasies van hulle keuse verrig.
Volgens een van die finaliste, Danae Marais, was daar twee verpligte projekte naamlik ‘n kosinsameling by Thornhill Spar vir Meals on Wheels en die jaarlikse bergbou by die skool waar klere vir hulpbehoewendes ingesamel is.
“Ons het ook twee van ons eie projekte gehad waar ons ‘n sopkombuis besoek en weldoeners gehelp het om sop aan minderbe­voorregtes uit te deel. Die projek het behels dat ons die klere wat tydens die bergbou ingesamel is, aan ‘n kinderhuis in Westenburg geskenk het en die kinders ook met kolwyntjies bederf het,” sê Danae. Sy en drie ander finaliste, Wian van Vuuren, Grant Steynberg en Natalie Rentroia het ook die kinderhuis se leersentrum geverf asook seep, shampoe en sponse aan hulle uitgedeel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button