Kruinies hou swemgala voor seisoen begin

Leerders van Curro Heuwelkruin se laer- en hoërskool het verlede Donderdag die koue water tydens hul jaarlikse swemgala wat by Mitchell House gehou is, aangedurf. Junior- en senior leerders het ‘n beurt gekry om sy slag in die water te wys en daar is in verskillende afdelings meegeding. Onderwysers en swemmers wat meer vertroud in …

Leerders van Curro Heuwelkruin se laer- en hoërskool het verlede Donderdag die koue water tydens hul jaarlikse swemgala wat by Mitchell House gehou is, aangedurf.
Junior- en senior leerders het ‘n beurt gekry om sy slag in die water te wys en daar is in verskillende afdelings meegeding. Onderwysers en swemmers wat meer vertroud in die water is, het gereed gestaan om beginners wat sukkel te help en aan te moedig.
Volgens die skool se bemarker, Nelmari Pretorius het swemmers van o.8 tot o.17 deelgeneem. Elke podiumwenner het ‘n medalje ontvang en die gala is aangebied om talent te identifiseer vir die seisoen wat voorlê.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eithen Heinemann gee ‘n jonger swemmer Bernig Ellis raad voor die wegspring.
Bohlale Duba maak gereed om in die water te spring.
Keagan Smuts haal diep asem.
Ansua-Mae Marais gee alles tot die einde.
Exit mobile version