NewsSchools
Kruinies hou swemgala voor seisoen begin
Leerders van Curro Heuwelkruin se laer- en hoërskool het verlede Donderdag die koue water tydens hul jaarlikse swemgala wat by Mitchell House gehou is, aangedurf. Junior- en senior leerders het ‘n beurt gekry om sy slag in die water te wys en daar is in verskillende afdelings meegeding. Onderwysers en swemmers wat meer vertroud in …
Leerders van Curro Heuwelkruin se laer- en hoërskool het verlede Donderdag die koue water tydens hul jaarlikse swemgala wat by Mitchell House gehou is, aangedurf.
Junior- en senior leerders het ‘n beurt gekry om sy slag in die water te wys en daar is in verskillende afdelings meegeding. Onderwysers en swemmers wat meer vertroud in die water is, het gereed gestaan om beginners wat sukkel te help en aan te moedig.
Volgens die skool se bemarker, Nelmari Pretorius het swemmers van o.8 tot o.17 deelgeneem. Elke podiumwenner het ‘n medalje ontvang en die gala is aangebied om talent te identifiseer vir die seisoen wat voorlê.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com