NewsSchools

Kruinie-finaliste ploeg terug in gemeenskap

Dit verg nie baie om 'n verskil in iemand se lewe te maak nie en soms word die klein dingetjies in die lewe meer waardeer, vertel Danae Marais van Curro Heuwelkruin.

POLOKWANE – Danae is een van die finaliste in die Mnr. en Mej. Heuwelkruinkompetisie.

Daar word 12 finaliste gekies wat dan opgedeel word in drie huise. Elke huis, of groep moet 10 ure se gemeenskapsdiens doen by liefdadigheidsorganisasies van hul keuse.

Danae is saam met Wian van Vuurren, Grant Steynberg en Natalie Rentroia in huis Triton.

Daar is ook twee gesamentlike projekte, naamlik Bergbou en Meals on Wheels. Al die finaliste werk dan saam om items in te samel. Met Bergbou help die res van die skool die finaliste om ou klere en toebehore bymekaar te maak en met die Meals on Wheels Projek word nie-bederfbare produkte ingesamel wat dan aan Meals of Wheels geskenk word.

Die finaliste het ook twee ander projekte gehad naamlik ‘n sopkombuis waar hulle vir minderbevoorregte mense sop gegee het en die opknapping van Adonai Children Centre in Westenburg se leersentrum.

“Ons het ook vir die kinders kolwyntjies geneem en klere wat ons met Bergbou ingesamel het. Ons het ook seep, sjampoe en badsponsies gekoop. Ons sal definitief meer betrokke in die gemeenskap raak om elke dag iemand se lewe te beinvloed.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button