NewsSchools

‘Willkommen, Wilsenachts’

Vir die Wilsenacht-gesin beteken vakansie iets anders, heeltemal iets anders.

POLOKWANE – Elke jaar pak die gesin hulle tasse en kom kuier hulle al die pad van Duitsland af. Die gesin kom geniet bietjie familie-tyd en maak ook ‘n punt daarvan om by Laerskool Pietersburg in te loer.

MJ is ‘n oud-leerder van die skool en glo dat die waardes en tradisies van Afrikaans iets is wat hy aan sy kinders wil oordra. Juis om dié rede sluit sy seun, Vincent (9) gedurende dié tyd by die skool aan, om maats te maak, maar ook om meer oor Suid-Afrika te leer.

“Ek hou van die skool want dis baie anders as my skool in Duitsland. Almal wil weet hoe dit in Duitsland lyk. Dis ook lekker hier want die winter is nie so koud soos by ons nie,” vertel Vincent.

Dié jongman is vier tale magtig en vir die afgelope drie jaar geniet hy sy vakansie by Suidskool, ‘n skool wat sy pa na aan die hart lê.

As hy by die skool is speel hy graag tennis en gaan binnekort Kung Fu begin.

Die Wilsenacht gesin kuier by Zoê se klas saam met onderwyseres Adele du Toit.

Zoë (5) geniet dit ook om by die skool saam met haar broer te gaan kuier. Sy teken graag prentjies en hou daarvan om vir die onderwysers en kinders van Duitsland te vertel.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button