Local NewsNews

Internasionale bekende spreker, Myan Subrayan, bring boodskap van hoop vanaand na stad toe

Myan Subrayan is 'n internasionale inspirerende spreker en lewensafrigter, wat in 'n kitskosrestaurant gewerk het voordat hy 'n lewe vol teleurstellings tot 'n sukses verander het.

POLOKWANE –  Die oud Suid-Afrikaner kuier in die stad met die doel om hoop aan mense te verskaf met sy boodskap. Hy vertel dat hy in 2000 alles verloor het en toe met slegs twee goed, Afrikaans en rugby, van voor af moes begin om van sy lewe ‘n sukses te maak. Myan het met baie harde werk en ‘n houdingsverandering teenoor rugby en Afrikaans, ‘n meer positiewe leefstyl begin lei en die motiveringsafrigter van elite-rugbyspanne regoor die wêreld, waaronder die All Blacks en ook die Goue Leeus van Suid-Afrika, geword.

Buiten vir sy kennis oor die sportsoort is hy ook bekend vir die skryf van verskeie boeke oor sy lewensverhaal. In sy boeke maak hy gebruik van verse uit die Bybel om sy boodskap te staaf.

Sy boodskap van hoop word vanaand (Maandagaand) by die Taberna Dei Ooskampus in Bekkerstraat gedeel en almal is welkom om te gaan luister.

In sy boodskap maak hy gebruik van sy drie boeke, wat hy aan die stad bekendstel. Hy vertel dat mense hom oor sy eerste boek, ‘n Boer maak ‘n plan maar jy het ‘n Indiër nodig om hom te verkoop, vra oor wat sy boodskap is en wat hy verkoop en sy antwoord is dat daar hoop is. “Daar is hoop vir ons land, daar is hoop vir elkeen, want God het ‘n plan,” vertel hy.

Hy vertel ook dat almal een of ander tyd in die moeilikheid is en daarom het hy sy tweede boek, Tamatiestraat, na die Afrikaanse gesegde “in tamatie straat” vernoem het. Sy derde boek handel oor sy boodskap dat God se plan onstuitbaar is en dat mense dit net moet besef en glo.

Hy kuier tans by verskillende skole in die stad waar hy praat oor boelies en ook hoe die plan van God vir elke mens selfs op skool bestaan.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button