Local NewsNews

Johan Horn (16) sterk tuis aan na fratsongeluk met fiets

Johan Horn, die 16-jarige leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat Vrydag in ‘n fratsongeluk met sy fiets beseer is, sterk tuis aan. Volgens inligting was Johan op pad skool toe toe hy op die hoek van Arnothaweg en Wesselsstraat met sy fiets geval en gesig- en kopbeserings opgedoen het. Volgens skoolhoof, Piet Holtzhausen …

Johan Horn, die 16-jarige leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat Vrydag in ‘n fratsongeluk met sy fiets beseer is, sterk tuis aan.
Volgens inligting was Johan op pad skool toe toe hy op die hoek van Arnothaweg en Wesselsstraat met sy fiets geval en gesig- en kopbeserings opgedoen het.
Volgens skoolhoof, Piet Holtzhausen het Johan waarskynlik teen ‘n hoë spoed gery toe sy fiets se voorwiel losgekom het. Die fiets se vurk het in die grond vasgesteek en Johan het gesig eerste in die grond vasgeduik.
Nooddienste en ander weldoeners was vinnig op die toneel om Johan by te staan en sy ouers is ook onmiddellik ontbied. Hy is na Mediclinic Limpopo vervoer waar hy behandeling ontvang het en in die waakeenheid opgeneem is.
Holtzhausen het bevestig dat hy Maandag ontslaan is en tans by die huis aansterk. “Hy sal vir ‘n onbekende tyd afwesig wees terwyl hy verdere behandeling en ondersoeke moet ondergaan,” sê Holtzhausen.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button