Virsekerbeker – gemengde welslae vir plaaslike skole

Die jaarlikse Virsekerbeker-reeks waartydens skole van regoor die land op die rugbyveld kragte meet, staan einde se kant toe met Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16- en eerste­span wat die naweek aan die finaal in Alberton deelneem. Dit nadat hulle Saterdag in afdeling 2 van die gesogte reeks met beide Hoërskool Dr Malan en Hoërskool Krugersdorp …

Die jaarlikse Virsekerbeker-reeks waartydens skole van regoor die land op die rugbyveld kragte meet, staan einde se kant toe met Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16- en eerste­span wat die naweek aan die finaal in Alberton deelneem.
Dit nadat hulle Saterdag in afdeling 2 van die gesogte reeks met beide Hoërskool Dr Malan en Hoërskool Krugersdorp afgereken het om hul plek in die finaal te verseker.
Curro Heuwelkruin se eerstespan het Saterdag reeds in die finaal van Afdeling 3 in Gau­teng deelgeneem waar hulle teen Leeuwenhof Akademie te staan gekom het. Die wedstryd is regstreeks op televisie uitgesaai en Kruinies kon nie die mas opkom nie en is as naaswenners van die afdeling aangewys.
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se o.14- en o.16-span het onlangs tot die semi-finaal van dieselfde afdeling deurgedring waar hulle ongelukkig klei getrap het.
Intussen het PHS se netbalspelers aan die jaarlikse Kay Motsepe o.15-toernooi deelgeneem en eerste in die Botho-afdeling geëindig. Die spanne dring deur na die nasionale toernooi wat van 22 tot 25 Augustus in Magaliesburg gehou word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
ENDY SENYATSI
>>endy@observer.co.za

PHS se o.16-speler, Wian Terblanche skop die bal vorentoe.
Marco Pratt van PHS se o.16-span druk ‘n drie tydens die naweek se kragmeting.
Jurinda van Schalkwyk van PHS raap die bal voor Masi Siloane van Hoërskool Ben Viljoen weg.
PHS se o.15-verdediger, Carla Craig in aksie tydens die Kay Motsepe-toernooi.
Exit mobile version