Bosveld groet voormalige redakteur, Melt van der Spuy

Melt van der Spuy, gewese redakteur van Bosvelder, is gistermiddag oorlede.

MOKOPANE – Melt was vir sowat 12 jaar redakteur van Bosvelder (nou Bosveld Review) voordat hy in September 2013 afgetree het. Hy was sowat 30-jaar in die koerantbedryf en het reeds sedert die sewentigerjare op vryskutbasis by joernalistiek betrokke geraak. Op 17 Februarie 1984 het hy as Noord Transvaler se verslaggewer op Mokopane begin werk. Hy is in die vroeë negentigerjare tot redakteur van die Noord-Transvaler (later Monitor) bevorder. In 1997 het Perskor besluit om sy wedvlugduiwe tydskrif die lig te laat sien en is hy as redakteur daarvan aangestel. Met die oorname van Perskor deur Caxton is die tydskrif privaat verkoop en Melt het ‘n tydskrif vir duiweboere op die internet begin. Hy het dit laat vaar toe hy in Desember 2000 by Bosvelder begin werk het.

Van der Spuy was tot en met sy dood ‘n geliefde inwoner by die Piet Potgieter Ouetehuis. Hy laat sy vrou, Hanna, twee kinders, Danie en Marissa, asook ‘n skoondogter, Michelle, na. ‘n Roudiens word volgende Vrydag, 23 Augustus om 11:00 in die N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk gehou.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version