Tommie wys sy staal tydens Spur Challenge

Fietsryers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs aan die Spur Challenge fietsry kompetisie in Lephalala, asook in die stad gaan deelneem.

POLOKWANE – Ses van dié skool se leerders neem aan die kompetisie deel en behaal verskillende welslae. Willie Willemse het in sy ouderdomsgroep ‘n derde plek behaal en is tans een van die beste fietsryers in die skool.
Hy ry reeds ses jaar lank fiets en vertel dat hy die sportsoort baie geniet, oor die feit dat hy in die natuur kan wees en ook terselfdertyd fiks kan word. Willie neem graag aan bergfiets kompetisies deel en het al talle silwer medaljes huistoe gebring.
Hy beveel die sportsoort aan vir kinders want dit help met aktief bly en met kopskoonmaak, wanneer dinge by die skool soms te moeilik raak of jy net ‘n wegbreek benodig.
Buiten vir fietsry doen hy ook landloop en fietsry help hom in hierdie sportsoort, aangesien dit sy been spiere versterk om die sportsoort te kan beoefen.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version