Local NewsNews

Marnè Ebersohn vul boksies met hoop

Meer en meer ouers, veral ma's, spandeer hulle dae en nagte by die Polokwane Provinsiale Hospitaal se kanker-eenheid, met die doel om naby aan hulle kinders te wees.

POLOKWANE – Een van die stad se inwoners, Daleen Curtin, het dit genoodsaak om basiese items, wat hulle kan gebruik wanneer hulle vir hulle kinders gaan kuier, vir hierdie ouers in te samel. Marnè Ebersohn Akademie het toe vir Daleen genader om deel te wees van hulle projek, waar hulle boksies gevul met noodsaaklikhede opmaak, wat sy dan aan die ouers by die eenheid kan oorhandig.

Die skool se leerders het die boksies self versier en met items soos ‘n waslap, seep en tandepasta gevul.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button