Tommies, Pieties wys tande tydens Virsekerbeker-reeks

Rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag beide die voordeel van hul tuisveld gebruik tydens hul onderskeie wedstryde in vanjaar se uitspeelrondes van die jaarlikse Virsekerbeker-reeks. Tommies neem in afdeling 3 deel en hul o.14-, o.15- en o.16-span se oorwinnings teen Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg en Hoërskool Die Wilgers …

Rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag beide die voordeel van hul tuisveld gebruik tydens hul onderskeie wedstryde in vanjaar se uitspeelrondes van die jaarlikse Virsekerbeker-reeks.
Tommies neem in afdeling 3 deel en hul o.14-, o.15- en o.16-span se oorwinnings teen Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg en Hoërskool Die Wilgers onderskeidelik het hulle ‘n plek in die semifinaal besorg wat weer eens Saterdag op hul tuisveld aangebied word.
Pieties wat in afdeling 2 deelgeneem het se o.14-, o.16- en eerste­span was ook die naweek in aksie tydens uitspeelwedstryde en al drie spanne het deurgedring na die kwart­eindronde wat Saterdag op PHS se veld gespeel word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Pieties se o.14-speler, Reuben Weyer ontduik sy opponent.
Die o.14-speler van Tommies, Marnus de Klerk wen veld.
Ruben van Ree van PHS se o.14-span buk laag vir ‘n duikslag terwyl sy spanmaat, Ian Fouché ondersteun.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version