Tommies, Pieties wys tande tydens Virsekerbeker-reeks
Rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag beide die voordeel van hul tuisveld gebruik tydens hul onderskeie wedstryde in vanjaar se uitspeelrondes van die jaarlikse Virsekerbeker-reeks. Tommies neem in afdeling 3 deel en hul o.14-, o.15- en o.16-span se oorwinnings teen Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg en Hoërskool Die Wilgers …
Rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag beide die voordeel van hul tuisveld gebruik tydens hul onderskeie wedstryde in vanjaar se uitspeelrondes van die jaarlikse Virsekerbeker-reeks.
Tommies neem in afdeling 3 deel en hul o.14-, o.15- en o.16-span se oorwinnings teen Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg en Hoërskool Die Wilgers onderskeidelik het hulle ‘n plek in die semifinaal besorg wat weer eens Saterdag op hul tuisveld aangebied word.
Pieties wat in afdeling 2 deelgeneem het se o.14-, o.16- en eerstespan was ook die naweek in aksie tydens uitspeelwedstryde en al drie spanne het deurgedring na die kwarteindronde wat Saterdag op PHS se veld gespeel word.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com