PHS-hokkiemeisies is Limpopo-kampioene

Die jaarlikse Champ of Champs-hokkiekampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied is, is op ‘n hoë noot afgesluit met Pieties se o.14-, o.16- en eerste meisiespanne wat as Limpopo-wenners uit die stryd getree het. Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, word die kompetisie jaarlikse onder die provinsie se meisiehokkiespanne gehou om die beste …

Die jaarlikse Champ of Champs-hokkiekampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied is, is op ‘n hoë noot afgesluit met Pieties se o.14-, o.16- en eerste meisiespanne wat as Limpopo-wenners uit die stryd getree het.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, word die kompetisie jaarlikse onder die provinsie se meisiehokkiespanne gehou om die beste in Limpopo te bepaal.
Die o.14-span het 3-2 teen Hoërskool Ben Vorster geseëvier terwyl die o.15-span 1-4 die onderspit teen dieselfde opponerende skool moes delf.
Die o.16- en eerstespan is outomaties as wenners aangewys nadat hulle teenstanders onttrek het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die o.15-speler van PHS, Cara Beukes probeer die bal verby die doelwagter tot in die doelkas speel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version