Local NewsLocal sportNewsSport

Skopboks is ma en dogter se passie

Die band tussen ma en dogter is spesiaal, veral as hulle in dieselfde passie deel. Maryna Peyper en haar dogter, Leandri, het besluit om saam skopboks te beoefen.

POLOKWANE – Maryna het reeds in 2004 met dié oefening begin. “My familie is betrokke daarmee en dit was ‘n passie vir my. Dit is steeds ‘n passie en in my jonger dae het ek karate beoefen,” vertel Maryna.

Haar mees onlangse prestasie was om ‘n senior swart belt eerste graad tweede dan te behaal. Sy is ook ‘n sensei.

“‘n Mens moet eers drie grade voltooi voordat jy ‘n derde dan kan behaal. Ek kan slegs een graad per jaar voltooi en geniet skopboks vir die dissipline en die feit dat ek my self kan verdedig. Die graderings is die mees uitdagendste deel van die sportsoort.”

Leandri lag wanneer sy vertel dat sy amper op die skopboks-mat gebore is. “Ek het eers in 2006 begin veg, maar het reeds lank voor dit in my doeke by die klasse rondgeloop. Hulle is deel van my familie en ek geniet dit ongelooflik baie om saam met die ander skopboksers te werk, soos wanneer ons fiksheid doen.”

Leandri (17) is die jongste senpei wat die klub al gehad het en het onlangs haar sesde dan swart gordel junior senpei status behaal.

“Aangesien ek nog bietjie jonk is, moet ek wag om verder te kwalifiseer. Ek moet eers 18 wees.”

Die twee ten voorbereiding vir ‘n groot kompetisie, oefen hulle teen mekaar. “Ons oefen ook saam wanneer ons iets nuuts moet aanleer en doen ook ons kata’s teen mekaar,” vertel Maryna.

Ma en dogter het albei gekwalifiseer vir die Woon-A-Tai Challenge wat Oktober in Durban plaasvind.

“Ons sien baie daarna uit en moet nou hard werk om geld in te samel. Ons gaan teen skopboksers van lande soos Engeland, Iran en Kenya kompeteer.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button