La Wiida Leersentrum nooi ouers uit

La Wiida Leersentrum is oop vir registrasies vir die 2020 akademiesejaar en nooi enige ouer uit wat belangstel om by hulle in te loer.

POLOKWANE – Ouers van gestremde kinders sal getuig dat daar verskillende uitdagings is, as dit kom by hulle onderrig. Vir elke onderwyser kan daar 25 nie-gestremde kinders in ‘n klas wee, maar vir onderwysers vir kinders met spesiale behoeftes mag daar slegs sewe kinders in ‘n klas wees.

Gestremde kinders het baie meer individuele aandag nodig as nie-gestremde kinders en dus moet onderwysers spesiale opleiding ontvang. La Wiida Leersentrum beskik oor twee goed opgeleide personeellede, wat elke dag opgewonde is om die kinders in hulle klasse te leer en te stimuleer.

Lees ook: Bank se motorfinansieringafdeling dra by tot La Wiida se beursie

Christina Langenhoven werk reeds die afgelope 10 jaar met gestremde kinders en deur die jare het sy genoeg ondervinding opgedoen om raad aan jong onderwysers te gee. “Dit is baie belangrik om onderwys te studeer en dan eers ten minste drie jaar met ‘normale’ kinders te werk voordat jy met gestremde kinders begin werk.”

Sy vertel al word daar baie gelag en grappe gemaak, kan die omgewing soms morbied raak. “Die dae is oor en oor dieselfde, met min vordering, maar as ‘n mens terug kyk sien jy dat daar eintlik baie vordering gemaak is. ‘n Onderwyser moet leer om alle gedrag te kan hanteer.” 

Christina verduidelik dat dit belangrik is vir iemand wat belangstel om ‘n onderwyser vir gestremde kinders te word, om eers by ‘n plek te leer waar daar met kinders met verskillende gestremdhede gewerk word. “Dié gene met serebrale gestremdhede asook die wie nie-verbaal is, verg baie van jou kreatiwiteit. Jy moet insig hê in dié kinders se lewens asook geduld.”

La Wiida Leersentrum is oop vir registrasies vir die 2020 akademiesejaar en nooi enige ouer uit wat belangstel om by hulle in te loer.  Kontak hulle by peterplant@mweb.co.za of remedial.add@gmail.com.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version