Rotary 100 help Ystertjies met Lego bou

Lego bou blokkies is 'n gunsteling onder kinders, maar nie almal kan dit bekostig nie.

POLOKWANE – Met die ingedagte het Vincent Cloete van die Rotary Klub 100 die Ystertjies by Laerskool Pietersburg gaan bederf met hierdie blokkies. Vincent het aan Review vertel dat die blokkies deur die Lego maatskappy aan die Rotary Klub geskenk het.

Rotary Klub het toe besluit aan wie hulle die blokkies sou gee. “Die blokkies is baie goed vir die ontwikkeling van die leerders en help hulle met veral fyn motoriese vaardighede en konsentrasie,” vertel Vincent. Hy voeg by dat die Ystertjies vir die skenking van hierdie blokkies oorweeg is, omdat hulle omstandighede dit nie toelaat vir hulle om dit self aan te koop nie.

Ystertjies-leerders van Laerskool Pietersburg spog met hulle blokkies wat deur Vincent Cloete, van die Rotary Klub 100, aan hulle geskenk is.

Die Rotary Klub 100 is bekend vir hulle liefdadigheidswerk in die stad en is betrokke by verskeie projekte, waar hulle geld insamel en dan dit gebruik om die gemeenskap in en om Polokwane by te staan.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version