NewsSchools

Hokkiebokkies van PHS hou Limpopo-naam hoog

Die hokkiemeisies van Hoërskool Pietersburg het nie slegs vakansie gehou en van hulle skool of sport vergeet tydens die onlangse skoolvakansie nie.

POLOKWANE –  Van hulle het aan die nasionale IPT hokkietoernooi in Pietermaritzburg gaan deelneem. Agt van die Limpopo hokkiespan se spelers, die hel bestuur- en afrigtingspan is van PHS afkomstig.

Dié span het hul poelwedstryde onoorwonne afgesluit en het as die nommer een span deurgedring na die uitspeelronde van die vier topspanne. Die span het ongelukkig teen die Westelike Provinsie vasgeval en moes toe uitspeel vir plek drie tot vier. In hierdie wedstryd het die span teen Northerns te staan gekom waar hulle gelykop gespeel het. Om ‘n wenner te bepaal was daar van die ‘8seconds’ reël gebruik gemaak waar Limpopo toe met die algehele derde plek weggestap het.

Dit is die hoogste prestasie wat ‘n Limpopo span in byna ‘n dekade reg kon kry tydens ‘n nasionale toernooi.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button