My kind wil nie tandeborsel nie, wat doen ek?

Review het by Dr. Sybrand van Reede van Oudtshoorn gaan kuier om uit te vind hoe ouers hulle kinders kan leer om tande te borsel, asook watter tandeborsel is die regte of beter keuse.

POLOKWANE – Baie kinders is nie mal daaroor om tande te borsel nie. Want, wat is nou lekker daaraan? Review het by Dr. Sybrand van Reede van Oudtshoorn gaan kuier om uit te vind hoe ouers hulle kinders kan leer om tande te borsel, asook watter tandeborsel is die regte of beter keuse.

“Hoe oortuig ‘n mens jou kind om tande te borsel? Wat vir ons met ons seuns gewerk het, is om dit ‘n speletjie te maak. Ek borsel sy tande en hy borsel myne. Dit moet nie vir jou kind ‘n straf wees nie. Dit moet pret wees.”
Oor watter tandeborsel beter is, sê Sybrand kies ‘n borsel met sagte hare.

“Die grootste sonde is ‘n tandeborsel met harde hare. Tandeborsel is soos om jou kar te was. Jy wil nie die verfwerk beskadig nie. Dus gebruik jy ‘n sagte lappie. Die plaak kan ‘n mens van jou tande af vee met ‘n lappie, maar die borsel se hare maak tussen jou tande skoon. As jy gereeld borsel, vlos en jou mond spoel gee jy die beste wat jy kan vir jou mond.”

Lesers kan hierdie week in Review meer lees oor dié geliefde tandarts en sy storie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version