Word daar na jou as ‘n jeugdige omgesien?

Jeugdag word op 16 Junie gevier en met dit in gedagte, het Review met leerders van Hoërskool Pietersburg gaan gesels.

POLOKWANE –  Ons wou weet watter voordele hulle as die jeug het, indien enige, asook of daar na hulle behoeftes omgesien word.

“Ek dink vandag se jeug word baie ernstiger opgeneem as ‘n paar jaar gelede. Die sê ding: ‘kinders moet gesien en nie gehoor word’ is behoorlik uit die mode. Kinders se opinies oor ernstige sake in die wereld word deesdae ordentlik opgeweeg.
By PHS word die hoofleiers in die beheerliggaam se vergaderings verwelkom, om ‘n jonger uitkyk op onderwerpe te kry.
Meer en meer geleenthede word ook aan vandag se jeug vrygestel, geleenthede soos oorsese sport toere sowel as akademiese toere word aangebied
“Ek dink in sommige gevalle word die jeug ernstig opgeneem. As dit kom by goed doen in skoolwerk en presteer is dit baie ernstig, maar nie soveel as dit kom by goed van die wêreld nie. Dan word net sekere mense in sekere omstandighede in ag geneem. Baie keer is dit die die ouer generasies wat nie besef ons weet ook goed nie. Ons het toegang tot goed wat hulle nie gehad het nie, so ons weet soms net soveel indien nie meer oor een of ander onderwerp. Dis nie altyd maklik vir hulle om te verstaan n
“Ek het middel laasjaar, die geleentheid gehad om my land te verteenwoordig in Amerika met boogskiet. Ek het ook die geleentheid gekry om by ‘n ouditeurs opleidingsfirma te begin werk en my passie vir rekeningkunde só uit te leef,” vertel Jean Marie Mostert.
“Ek dink daar is baie geleenthede vir tieners in ons land, veral in die stede. As ek kyk na kultuur; vind oudisies vir rolprente, veral vir tieners, verkieslik in die Pretoria of Johannesburg area plaas. Limpopo bied wel vele geleenthede in beide sport en kultuur. Ek dink met akademie is daar baie geleenthede vir tieners. Wees net betrokke in jou area en die geleenthede sal kom,” vertel Justin Basson.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version