Curro Heuwelkruin se eerste- en tweede netbalspanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens vanjaar se netbalseisoen.
Hul pad na sukses het in Mei begin toe Kruinies se eerstespan tydens die distrikfinale by Hoërskool Pietersburg (PHS) die gasheerskool met 28-19 geklop het. Die tweedespan het tydens dieselfde kompetisie vir Pieties 9-8 gewen. Kruinies se eerstespan is as distrikwenners aangewys en die tweedespan as ligawenners.
Die eerstespan ding in die Limpopo-semifinale weer teen PHS mee en seëvier 15-13, maar verloor stoom in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster met ‘n telling van 13-20 wat hulle toe die titel as Limpopo naaswenners besorg het.
Kruinies se prestasie is dus steeds goed genoeg en hulle sal die provinsie tydens die Suid-Afrikaanse Topskole Netbalkampioenskappe van 18 tot 21 Julie verteenwoordig.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com