NewsSchools

Kruinies-netbalspanne blink uit

Curro Heuwelkruin se eerste- en tweede netbalspanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens vanjaar se netbalseisoen. Hul pad na sukses het in Mei begin toe Kruinies se eerste­span tydens die distrikfinale by Hoërskool Pietersburg (PHS) die gasheerskool met 28-19 geklop het. Die tweedespan het tydens dieselfde kompetisie vir Pieties 9-8 gewen. Kruinies se …

Curro Heuwelkruin se eerste- en tweede netbalspanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens vanjaar se netbalseisoen.
Hul pad na sukses het in Mei begin toe Kruinies se eerste­span tydens die distrikfinale by Hoërskool Pietersburg (PHS) die gasheerskool met 28-19 geklop het. Die tweedespan het tydens dieselfde kompetisie vir Pieties 9-8 gewen. Kruinies se eerstespan is as distrikwenners aangewys en die tweedespan as ligawenners.
Die eerstespan ding in die Limpopo-semifinale weer teen PHS mee en seëvier 15-13, maar verloor stoom in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster met ‘n telling van 13-20 wat hulle toe die titel as Limpopo naaswenners besorg het.
Kruinies se prestasie is dus steeds goed genoeg en hulle sal die provinsie tydens die Suid-Afrikaanse Topskole Netbalkampioenskappe van 18 tot 21 Julie verteenwoordig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Moya Leopeng van Kruinies se eerstespan soek ‘n gaping.
Kruinies se eerstespanspeler, Ashden Venter, gee die bal uit.

Related Articles

Back to top button