Local NewsNews

DA sê taalregte in muni-vergadering ‘n moet

‘n Taalkwessie het Dinsdag tydens Polokwane Munisipaliteit se raadsvergadering vir ligte oomblikke gesorg toe Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid Franco Marx daarop aangedring het om die vergade­ring in Afrikaans toe te spreek en Economic Freedom Fighters (EFF)-raadslid Phologo Hine hom in suiwer Afrikaans ondersteun het. Dit volg nadat die munisipaliteit reeds verlede jaar besluit het om geriewe …

‘n Taalkwessie het Dinsdag tydens Polokwane Munisipaliteit se raadsvergadering vir ligte oomblikke gesorg toe Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid Franco Marx daarop aangedring het om die vergade­ring in Afrikaans toe te spreek en Economic Freedom Fighters (EFF)-raadslid Phologo Hine hom in suiwer Afrikaans ondersteun het.
Dit volg nadat die munisipaliteit reeds verlede jaar besluit het om geriewe te skep wat raadslede in staat sou stel om debatte in Afrikaans, Engels, Sepedi en Tshivenda te hou. Die nodige fondse is in die begroting voorsien en tolke wat Engels en Sepedi magtig is, is aangestel. Die munisipaliteit sleep egter voete met die aanstelling van die ander tolke en Afrikaans en Tshivenda kom derhalwe nie tot hul reg nie, meen Marx.
Marx het dit duidelik gemaak dat hy geen beswaar het teen die gebruik van Engels en Sepedi deur raadslede nie en het ander raadslede aangemoedig om in ‘n taal te praat waarmee hul gemaklik voel. “Die DA staan by sy standpunt dat alle inwoners van Suid Afrika deur die Grondwet beskerm word en geregtig is om die landstaal van hul keuse te gebruik,” sê Marx.
Kommunikasie- en bemarkingsbestuurder van die munisipaliteit, Matshidiso Mothapo het aangedui dat die munisipaliteit besig is om die nodige logistieke hulpbronne te aktiveer sodat Afrikaans en Tshivenda ook geakkommodeer kan word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button