Bekende onkoloog Hercules Malan sterf in Mauritius

Bekende plaaslike onkoloog, Hercules Malan (66) is Vrydag in Mauritius oorlede nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gekry het terwyl hy en sy vrou, Roeline gesnorkel het. Die Malans was met vakansie en sou die naweek na Suid-Afrika terugkeer. Malan was die stigter van die Morula Onkologiesentrum in die stad waar pasiënte radio- en chemo­terapie ontvang …

Bekende plaaslike onkoloog, Hercules Malan (66) is Vrydag in Mauritius oorlede nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gekry het terwyl hy en sy vrou, Roeline gesnorkel het.
Die Malans was met vakansie en sou die naweek na Suid-Afrika terugkeer.
Malan was die stigter van die Morula Onkologiesentrum in die stad waar pasiënte radio- en chemo­terapie ontvang het. Hy was ‘n lid van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika, stigter en ondervoorsitter van die Malan-familiebond en medeskrywer van
Die Geskiedenis van die Jordaan-familie. Malan het verlede jaar sy boek oor die Malans, wat uit vier volumes en 1 833 bladsye bestaan, in Franschoek vrygestel.
D G en J D Malan (beide Danie) was medewerkers aan die laaste drie volumes van die boek wat propvol interessante foto’s van Malan is, asook foto’s van ouer foto’s en dokumente wat hy oor ‘n tydperk van 32 jaar in Suid-Afrika en selfs in Frankryk en Italië opgespoor het.
Malan se jarelange vriend, Paul Vorster sê dat hy hom sal onthou as ‘n baie energieke mens met ‘n groot liefde vir geskie­denis en vir sy mense. Benewens sy vrou, word Malan oorleef deur twee seuns, twee dogters en sewe kleinseuns.
‘n Gedenkdiens word môre (Vrydag) om 11:00 by die NG Kerk Pietersburg-Noord vir Malan gehou.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version