Local NewsNews

Heyman verskyn weer 20 Junie voor hof

Die saak teen Ramone Heyman wat skuldig bevind is op ‘n klag van strafbare manslag vroëer vanjaar, is weereens uitgestel.

POLOKWANE – Heyman sal nou op 20 Junie verskyn wanneer verdere getuienis ter strafversagting aangehoor sal word. Die staat sal ook getuies te verswaring van sy vonnis roep. Daar sal dan besluit word wat ‘n gepaste vonnis vir hom sal wees.

https://www.citizen.co.za/review-online/153099/sal-geregtigheid-vir-my-kind-geskied/

Heyman verskyn op ‘n klag in verband met die dood van Shannon Sacco, ‘n gr. 11-leerder van die Westenburg Sekondêre Skool, in Maart 2016.

Heyman is ook skuldig bevind dat hy nie ‘n lisensie gehad het nie en ook dat hy versuim het om hulp te verleen na die ongeluk. Hy sou op 26 Mei gevonnis word in die Mankweng Streekshof.

Shannon is deur Heymans se voertuig getref terwyl sy op pad na haar huis was vanaf die skool. Getuienis is gelewer dat Heyman teen ‘n hoë spoed gery het ten tye van die voorval. Hy het van die toneel weggejaag maar is deur ‘n lid van die gemeenskap agtervolg wat die polisie in kennis gestel het waar hy hom bevind.

Shannon is na die naaste hospitaal geneem waar sy later dieselfde dag oorlede is. Heyman is gearresteer op aanklagtes van roekelose en nalatige bestuur, wat later verander is na strafbare manslag na Sacco se dood.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button