Local NewsNewsUpdateBreaking News

[OPVOLG] 2x lewenslank vir Wiers-moordenaar

Tanya Wiers (44) se moordenaar, Frans Maela is lewenslank gevonnis vir haar moord, lewenslank vir verkragting en 15 jaar addisioneel vir roof met verswarende omstandighede.

POLOKWANE  – Hy vonnisse sal samelopend uitgedien word. Aansoek om verlof tot appèl is van die hand gewys.

Lees meer: OPVOLG: Maela skuldig aan Tanya Wiers-moord

Frans Maela.

Die vonnis is vanoggend gemaak nadat regter Gerrit Muller Vrydag, na ‘n verhoor van ongeveer twee weke, Maela Vrydag skuldig bevind het aan moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting.

Tydens die verhoor het die hof aangehoor hoe Tanya se seun, Rolf, op 7 Februarie 2017, na skool op sy ma se half-naakte liggaam afgekom het.

Kort hierna is die polisie gekontak en is Maela inhegtenis geneem.

Lees meer: Bloed ‘oral’ in Wiers-huis, hoor hof

In die hof het dit duidelik geword dat die polisie in baie opsigte nalatig was in die hantering van getuienis, maar Muller het dit duidelik gemaak dat ongeag daarvan, is daar genoeg bewyse gewees om Maela onomwonde skuldig te bevind.

Maela het onskuldig gepleit en ook getuig dat al die staat se getuies leuens vertel het.

Hy kon tydens sy getuienis nie die hof oortuig dat hy nie skuldig is nie.

Tydens sy skuldigbevinding asook sy vonnis van Tanya se ouers, Linda en Gé Geyser asook haar man, Rolf, teenwoordig.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button