BREAKING NEWS – Maela skuldig aan Tanya Wiers-moord

Die Limpopo Hooggeregshof het vanoggend (Vrydag) vir Frans Maela (28) skuldig bevind aan die verkragting en moord op Tanya Wiers (44) by haar huis in Eduanpark in Februarie 2017. Benewens verkragting en moord is hy ook skuldig aan roof met verswarende omstandighede en sal Maandag gevonnis word. Regter Gerrit Muller het gesê alhoewel die polisie …

Die Limpopo Hooggeregshof het vanoggend (Vrydag) vir Frans Maela (28) skuldig bevind aan die verkragting en moord op Tanya Wiers (44) by haar huis in Eduanpark in Februarie 2017.
Benewens verkragting en moord is hy ook skuldig aan roof met verswarende omstandighede en sal Maandag gevonnis word.
Regter Gerrit Muller het gesê alhoewel die polisie hulself tydens die ondersoek aan slordige ondersoekwerk skuldig gemaak het, die totaliteit van die bewyse deur die hof aanvaar word. DNA-toetse dui daarop dat Maela op die toneel was en seksuele omgang met Wiers gehad het.
Alhoewel die getuienis van die voetafdrukkenner onoortuigend was, het die voetspore wat wel in Wiers sowel as haar buurman se erf gevind is, tot die ontdekking van die gesteelde goedere gelei, volgens Muller.
Hy het die saak tot Maadag vir vonnisoplegging uitgestel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version