Voormalige DA-raadslid, aktivis teen plaasmoorde vermoor

‘n Veertigjarige man wat daarvan verdink word dat hy voormalige Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid en aktivis teen plaasmoorde, Annette Kennealy (51) op die plaas Welgevonden buite Louis Trichardt vermoor het, is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Die verdagte was waarskynlik ‘n werknemer van Kennealy en sal na verwagting binnekort in die Louis Trichardt landdroshof verskyn. Provinsiale Polisiewoordvoerder, …

‘n Veertigjarige man wat daarvan verdink word dat hy voormalige Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid en aktivis teen plaasmoorde, Annette Kennealy (51) op die plaas Welgevonden buite Louis Trichardt vermoor het, is Dinsdagaand in hegtenis geneem.
Die verdagte was waarskynlik ‘n werknemer van Kennealy en sal na verwagting binnekort in die Louis Trichardt landdroshof verskyn.
Provinsiale Polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die verdagte is tydens ‘n soektog by ‘n wegkruipplek buite die dorp aangekeer. Hy kon nie met sekerheid die plek van arrestasie bevestig nie en het gesê dit sal later eers bevestig kan word of die verdagte wel Kennealy se werknemer was.
Kennealy se familie het onraad vermoed toe sy Dinsdagoggend nie telefonies bereik kon word nie. Hulle is na die plaashuis op die Levubupad buite Louis Trichardt waar hulle Kennealy se bebloede lyk op die vloer gevind het. Volgens Ngoepe het sy verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Hy sê haar werknemer, wat glo ook op die plaas gewoon het, was nêrens te vinde nie en ‘n intensiewe soektog is geloods totdat ‘n arrestasie later die aand gemaak is. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
Die DA se provinsiale leier, Jacques Smalle het gister (Woensdag) aan Polokwane Observer gesê die voorval voel nog onwerklik omdat hy en Kennealy mekaar 40 jaar ken en goeie huisvriende was.
Kennealy se pa, ‘n mediese dokter alombekend as Lappies Labu­shagne en Smalle se pa, Mark, was beide mediese dokters op die dorp en het saam gepraktiseer. “Ons ken mekaar vandat ons kinders was. Sy was ‘n lieflike mens en die voorval is so verkeerd en onnodig. Dit is ironies dat ‘n vrou wat ‘n groot aktivis teen plaasmoorde was, op dié wyse moes sterf,” sê Smalle.
Hy sê sy was van 2011 tot 2014 ‘n raadslid by die Makhado Munisipaliteit en sal onthou word as ‘n groot diere- en natuurliefhebber wat pragtig kon skilder. Sy was ver­al lief vir perde en bekend vir haar betrokkenheid by fondsinsame­lingsprojekte vir kankerpasiënte in die dorp, volgens Smalle.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version