Sewesrugbyspeler oorhandig wenprys in trekking by HTS

JP Venter, kranige skrumskakel van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdag ‘n hoekslyper wat as wenprys in ‘n trekking wat gereël is om hom te help om sy deelname aan die sewesrugbyweek in Amerika te betaal, by die skool aan wenner Theunis du Preez oorhandig. Die trekking het R4 500 opgelewer en JP …

JP Venter, kranige skrumskakel van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdag ‘n hoekslyper wat as wenprys in ‘n trekking wat gereël is om hom te help om sy deelname aan die sewesrugbyweek in Amerika te betaal, by die skool aan wenner Theunis du Preez oorhandig.
Die trekking het R4 500 opgelewer en JP en spanmaats Zencoe Moller, Henry Marx en Kevin Galebe, almal in graad 11, gaan van 26 Junie tot 6 Julie aan verskeie wedstryde in Los Angeles deelneem en sien baie uit na die besoek.
Die hoekslyper is deur Fast Tools geskenk en Du Preez was baie ingenome daarmee. “Dit gaan handig te pas kom want ek werk graag met gereedskap,” sê hy.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version