Bloed ‘oral’ in Wiers-huis, hoor hof

Dag drie van die Wiers-moordverhoor, wat Dinsdag plaasgevind het, het getuienis van onder meer die forensiese ondersoekbeamptes opgelewer.

POLOKWANE – Hofgangers het aangehoor hoe bloedmerke in die meeste van die huis se vertrekke opgemerk is na die gewelddadige moord op Tanya Wiers (44) op 7 Februarie 2017. Dit het verlede week se getuienis van die polisie se kapt. Gillian Kgare ondersteun, wat getuig het dat bloed onder meer in dié van die hoofslaapkamer se badkamerwasbak, op die mure en op die mat gevind is.

Lees meer: Wierssaak: Nog getuies na beskuldigde nie wil saamwerk

Maandag het Marietjie Botha, ‘n intermediêre lewensondersteuningparamedikus by ER24 aan die hof vertel hoe sy op die dag van die moord op die toneel aangekom het. Die hof is deur die proses geneem van hoe Wiers ondersoek en dood verklaar is. Botha het ook getuig van die hoeveelheid bloed wat opgemerk is, en dat Wiers ‘n aansienlike aantal sny- en steekwonde gehad het. Sommige van hierdie wonde strek tot 7cm diep, is in ‘n verslag bevind. Talle van die wonde is op Wiers se arms toegedien.

Lees meer: Wiersmoord: Hof hoor van beskuldigde se kleredrag

Die patoloog wat die nadoodse ondersoek behartig het, het spesifiek getuig oor die gesigwonde wat Wiers opgedoen het.

Die saak duur vandag voort.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version