Local NewsNews

Ansia van Schalkwyk se vyf-punt plan vir ouerskap

"Ek het drie meisies en gebruik die hand vir die vyf-punt plan om hulle op te voed" - lewensafrigter, Ansia van Schalkwyk

POLOKWANE – Tydens ‘n onlangse besoek aan Polokwane waar lewensafrigter, Ansia van Schalkwyk, tydens ‘n damesoggend gesels het, het sy vertel van die vyf-punt plan vir ouerskap.

“Ek het drie meisies en gebruik die hand vir die vyf-punt plan om hulle op te voed.”

Pinkie: “‘n Mens moet grense neer sit. Dit is maklik vir jou kind om jou om sy pinkie te draai, moet dit nie toelaat nie. Jou woord is jou eer. Wanneer jy nie doen wat jy sê nie, verloor jy die krag in jou woorde. Grense spreek van waardes en beginsels. Onthou net dat kinders ook mag grense hê.”

Ringvinger: “Hierdie vinger gaan oor herhinneringe. Bou aan herhinneringe, neem fotos en gaan kyk gereeld na hulle. Vertel vir jou kinders wat hulle gedoen het toe hulle jonger was. Doen gereeld iets anders, net om herhinneringe te bou. Skep vreugde en vrolikheid in jou huis.”

Middelvinger: “Hierdie vinger verteenwoordig konflik. Maak nie saak hoe goed jy op iets voorberei is nie, daar gaan iets gebeur om jou van koers af te gooi. Jy moet besluit of jy gaan optree uit jou emosionele of praktiese brein.”

Wysvinger: “Die wysvinger is vir wysheid. ‘n Paar wenke om wys op te tree sluit in; om in ‘n konflik situasie by die punt te bly, om nie te beledig of te verwyt nie, om te praat oor hoe jy voel en om dubbeld soveel te luister, as wat jy praat. Kyk na jou aandeel as ouer in ‘n konfliksituasie en sê jammer as jy verkeerd is.”

Duim: “Ouerskap is om heeltyd uit jou duim te suig. Soos die duim se vingerafdruk, is elke ouer se situasie uniek. Maak waardes vas. Soos jy jou duim in die holte van jou hand vas kan hou, hou jou kind in die holte van jou hand vas.”

Sy sluit af deur te sê jy as ouer is uniek en gestuur. “Jy is goed genoeg vir jou liefkind. Hou op om jouself met ander te vergelyk.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button