Wierssaak: Nog getuies na beskuldigde nie wil saamwerk

Ander getuies wat ingeroep is, het ingesluit een van die polisiebeamptes wat die voetspoorafdrukke geneem het asook een van die forensiese patoloë wat die DNA-bewystukke hanteer het.

POLOKWANE – Dag twee van die Wiers-verhoor het met ‘n onaangename verassing vir die gesin begin toe adv. David Sebelebele hulle inlig dat die slagoffer se seun, Rolf Wiers (jnr.), moet getuig.

Aanvanklik is daar besluit dat hy nie sou getuig nie, maar nadat die beskuldigde, Frans Maela, nie sy samewerking wou gee nie, moes die verdediging ekstra getuies inroep.

Lees meer: Wiersmoord: Hof hoor van beskuldigde se kleredrag

Ander getuies wat ingeroep is, het ingesluit een van die polisiebeamptes wat die voetspoorafdrukke geneem het asook een van die forensiese patoloë wat die DNA-bewystukke hanteer het.

Foto’s van die die ondersoek, wat deur kapt. Gillian Kgare geneem is, is ook bespreek.

Tydens die getuienis van die forensiese pataloog, Peter Maseka, is vasgestel dat die getuieregister nie volledig ingevul is nie. Nadat bevind is dat daar nog ‘n registerboek is wat nie in die hof beskikbaar is nie, het regter Gerrit Muller die saak na Maandag uitgestel sodat beide die verdediging en die staat die nodige register tot hul beskikking kan kry en aan die hof kan beskikbaar stel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version