Wiersmoord: Hof hoor van beskuldigde se kleredrag

Die verhoor van die beskuldigde in die Tanya Wiers-moordsaak, Frans Maela het op Woensdag, 15 Mei in die Polokwane Hooggeregshof afgeskop.

POLOKWANE – Maela word daarvan beskuldig dat hy op 7 Februarie 2017 vir Wiers (44) in haar huis vermoor het.

Maela het onskuldig gepelit om drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandigehede en verkragting.

Wiers se man, Rolf, het eerste getuig en daarna is die verdagte se werkgewer, se huishulp na die getuiebank geroep. Sy het getuig hoe sy ‘n gil gehoor het en daarna na Maela begin soek het. “Hy het my van buite die erf geroep en gevra ek moet die hek vir hom oopmaak. Die afstandbeheer het bo-op die kar gelê.”

Lees meer: Wiers-moordsaak hervat: Rolf hoop vir geregtigheid (klank)

Maela se werkgewer het ook getuig, daarna het die polisie beamptes wat op die toneel was getuig.

Maela se prokureur het elke getuie onder kruisverhoor geneem en gefokus op die klere wat Maela op die dag van die moord en sy inhegtenisname gedra het.

Bewysstukke van die roof is ook in die hof gewys. Rolf moes dit uitken om te bewys dat dit aan Tanya behoort het.

Die saak word vanoggend (16 Mei) voortgesit.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version