Erica Pre-Primêre Skool vier 45ste bestaansjaar

Die leerders en personeel van Erica Pre-Primêre Skool het Vrydag met oorgawe aan die skool se 45ste bestaans­jaarvieringe op die skoolterrein deelgeneem. Die skool is meer as drie dekades reeds bekend vir die kwaliteit pre-primêre onderrig wat jong leerders van die stad en omgewing hier ontvang. Die leerders is vooraf versoek om volgens die eerste …

Die leerders en personeel van Erica Pre-Primêre Skool het Vrydag met oorgawe aan die skool se 45ste bestaans­jaarvieringe op die skoolterrein deelgeneem.
Die skool is meer as drie dekades reeds bekend vir die kwaliteit pre-primêre onderrig wat jong leerders van die stad en omgewing hier ontvang.
Die leerders is vooraf versoek om volgens die eerste letter van hulle name aan te trek en hulle het vrye teuels aan hulle verbeelding gegee. Hulle helde het duidelik voorkeur geniet te oordeel aan die talle Spider- en Supermanne, dokters, soldate, polisiemanne- en vroue sowel as gun­s­teling troeteldiere wat te siene was.
Die dag het sy kwota lekkernye ingehou en nadat hulle moeggespeel was het die jongspan weggelê aan’n verskeidenheid lekkernye soos verjaardagkoek en gesonde happies.
Prinsipaal Monja Groenewald het gesê hulle is trots en gelukkig om deel van die groot mylpaal en die skool se ryke geskiedenis te wees. “Die skool is een van die oudste pre-primêre inrigtings in Polokwane en omgewing en het sy kwota sake- en ander leiers en presteerders opgelewer. Ons sien uit daarna om die grondslag vir meer van hulle te lê en wens die skool groot voorspoed en sukses in die toekoms toe,” het sy gesê.

Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Wané Brits as ‘Wonder Woman’, Zandro Snyman (sebra), Lianie Nieuwenhuizen (luiperd), Carmi de Jager (Aspoestertjie) en Duan Siemens as ‘n mediese dokter tydens die verjaardagvieringe.
Die Legoblokkie is Liam Rautenbach en die aarbei Anabel Cronje.
Aiden Bezuidenhoudt beeld ‘n argitek uit en Seth McGlashen is ‘n trotse Spiderman.
Exit mobile version